Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Neil Somers
Neil Somers
Performer
Raymond Green
Raymond Green
Guitar
Vaughn Charles Gardiner
Vaughn Charles Gardiner
Keyboards
COMPOSITION & LYRICS
Neil Somers
Neil Somers
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Vaughn Charles Gardiner
Vaughn Charles Gardiner
Producer

Lyrics

Hier is ek
By die mooiste vrou
Haar oë wat my na haar toe trek
Jou dunste lyfie
Langs my lê jy uitgestrek
Ja, jy's myne vandag
En elke ander dag
Wat het jy
Gedoen dat ek so vasgevang in jou wil bly?
Dat ek elke dag wil sê hoe mooi jy lyk vandag
Jou mond en jou lag
Gee my asem terug vir my
Jy slaan my asem weg vanaand
Jy laat my wonder of ek droom
Dat ek 'n engel vashou
Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg
Hier is jy
In die woorde wat ek skryf hier in die droom voor my
Ek sê vir jou die wêreld sal nie mooier kry
Jy's myne vanaand
En elke ander aand
In jou oë
Is die rede dat ek asemhaal
En sal jy glo
As ek sê dat jy my wêreld draai?
En elke dag my hart wat wag om sy ritme by jou te kry
Jy slaan my asem weg vanaand
Jy laat my wonder of ek droom
Dat ek 'n engel vashou
Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg
Ek sal net hier bly in die oomblik saam met jou
Hoe gelukkig is ek om te weet jy is my vrou?
Jy slaan my asem weg
Ek sal jou, my engel, vashou, vashou
Hoe sal ek my oë van jou af hou?
Hoe sal my hart dit ooit kan hou?
Want jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg
Jy slaan my asem weg
Written by: Neil Somers
instagramSharePathic_arrow_out