Credits

PERFORMING ARTISTS
Hugo
Hugo
Performer
COMPOSITION & LYRICS
David Kramer
David Kramer
Composer

Lyrics

Bokant die stasie daar woon Krisjan Swart
Tussen die spoorweg en die nasionale pad
Op die muur van sy stoep hang die horings van 'n bok
In sy agterplaas groei 'n perske boom langs 'n groot ou duiwe hok
Op daai duiwe is hy trots hulle maak sy hart so bly
Die silver bekers staan op sy pelmets en staan so in 'n ry
Ja hy is Krisjan Swart
Hy's wyd en suid geken
Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg
En pryse vir hom wen
Krisjan se vrou is lekker rond en vet
In haar hare dra sy curlers in haar mond 'n sigaret
Pantoffels aan haar voete kook sy mos konfyt
Met haar een oog op die tuinjong
Wat die agter plaas nat spuit
Op daai vrou is hy so trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie jonk nie
Kan sy nog lekker vry
Sy is Wilhelmina Swart
Hulle ken haar wyd en suid
Vir haar melktert en mosbolletjies
Haar beroemde boerbeskuit
Krisjan se dogter is met 'n prokureur getrou
Hy het vir haar 'n groot wit huis in Riebeek park gebou
Die kagel in die sitkamer is mooi met klip versuur
'N Skildery van Tafelberg hang ook daar teen die muur
Op daai dogter is hy trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie mooi nie
Het sy haar man gekry
Sy is Johanna Swart
Sy is die vrou van die prokureur
Haar lippies en haar vingernaels
Is dieselfde bloedrooi kleur
(Yee-haw)
Krisjan se seun is lekker fris gebou
Maar sy stem is 'n bietjie hoog
En sy broek is 'n bietjie nou
Sy hare dra hy lank
En hy speel ook die kitaar
Krisjan vra sy vrou
Waar kom die seun vandaan?
Op daai seun is hy nie trots nie
Hy maak sy hart so seer
Kan ek tog sy pa wees
Wil Krisjan redeneer
Ja hy is Krisjan Swart hy het ook sy pa se naam
Maar sy hare en kitaar speel maak sy pa so skaam
Bokant die stasie daar woon die Swart gesin
Krisjan drink net brandewyn
Wilhelmina drink net gin
Hulle sit daar op die stoep
In die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die duiwe
Sirkels teen die blou
Hulle sit daar op die stoep
In die skemerlig so flou
En kyk hoe vlieg die duiwe
Sirkels teen die blou
Written by: David Kramer
instagramSharePathic_arrow_out