Top Songs By Koos Kombuis
Credits
PERFORMING ARTISTS
Koos Kombuis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Andre le Roux du Toit
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Ek het 'n vriendin, vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
[Verse 2]
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
[Verse 3]
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
[Verse 4]
Ek staan op haar balkon
Ek drink haar appelkoos tee
Ek kyk na Kaapstad in die nag
Die liggies, en die swart, swart see
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
[Verse 5]
En onder, op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk, vêr na bo
Vanuit die vullis van die Oranjestraat (Oranjestraat)
[Verse 6]
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
[Chorus]
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier
Written by: Andre le Roux du Toit, Valiant Swart