Top Songs By Koos Du Plessis
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Koos Du Plessis
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Jou naam besing verlore ou fonteine
En tower beelde van oases langs die pad
Maar ver al wys die torings van die myne
Jou skoonheid lê veel dieper in die hart
En ek onthou
[Verse 2]
Op 'n manier was daar maar net dieselfde vrede
Die neig mos om te woon net waar hy wil
En daal ek af in skagte na benede, die verlede
Word die rammelende ratte langsaam stil
[Verse 3]
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
En bring flitse van blou blitse in 'n skag
Waar mans soos molle grou in diepdroom-ure
En goud breek uit die brandkluis van die nag
En ek onthou
[Verse 4]
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus
Uit die newelige berge van die mol
Die gelatenheid van mense wat gerus is, maar bewus is
Hierlangs is die wêreld halfpad hol
[Verse 5]
Daar was legendes van die vreemdste avonture
Diep-diep in die mensgemaakte berg
En saans, in grotte om die bendevure
Het die ligspel teen grou wande al's verdwerg
En ek onthou
[Verse 6]
Daar was 'n huis met n kombuis en greinhouttafel
En ses mense het gedeel in lief en leed
En mettertyd het alles uitgerafel
Maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet
[Verse 7]
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede
Uit die newelige berge van die mol
En droom en bou al vreet die vrees my vrede
En al is my eie wêreld halfpad hol
[Verse 8]
En droom en bou al vreet die vrees die vrede
Want die wêreld is maar oral halfpad hol
En ek onthou
Written by: Koos Du Plessis