Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
En jy was beautiful op Beaufort-Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte en op treine
En op Ford Fairlane se agterseats gevry
[Verse 2]
En nou is jy en jou man both computer analysts
En laas winter you tried to cut both of your wrists
En nou skryf jy vir my
[Verse 3]
Jy kan nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie
Nooit, ooit weer vir my soen nie
[Verse 4]
En mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy menthol sigarette rook
En daai sweet, sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet, sweet in my arms lê
[Verse 5]
En die presiese woorde, het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
En jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
[Verse 6]
Nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nooit, ooit weer vir jou soen nie
[Verse 7]
En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
En in die rear view mirror jou gesig gekyk
En gesê, "Miskien moet ek gelukkiger lyk"
[Verse 8]
Ek kan daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
En het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
En soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
[Verse 9]
Ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets ooit reg doen nie
Nooit, ooit weer vir jou soen nie
[Verse 10]
En die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan, in die nag in ry
Tot anderkant die ding, dong, gong
Van die breakfast waiter in die gang verby
[Verse 11]
En dit was my wake-up call my lief
Jy het gesê, wees asseblief lief vir my
Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
[Verse 12]
En ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer so iets doen nie
Nooit, ooit weer vir jou soen nie
[Verse 13]
Nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer so iets doen nie
Nooit, ooit weer vir jou soen nie
Written by: Gert Vlok Nel
instagramSharePathic_arrow_out