Credits
PERFORMING ARTISTS
4Werke
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Delta Goodrem
Composer
Stuart Creighton
Composer
Tom L. James
Composer
Brian McFadden
Composer
Lyrics
Jou refleksie in my oë vertel 'n storie van verlang
Ek was joune, nou's ek hare, maar daar's nog trane op my wang
Volg jou spore terug na my toe, daar's 'n wolk wat oor my hang
Sonder jou, sonder jou
Wie is ek sonder jou?
Waar die teerpad op raak, grondpad rof raak
Wag ek net vir jou, volg my net
Drie treë, rigting eerlikheid
Twee treë, rigting hartsbesluit
Een tree is net te veel sonder jou by my
Die refleksie van ons drome skryf 'n storie in die sand
Ek was hare, ek's weer joune met ons harte in ons hand
Nuwe spore na 'n toekoms met 'n vlam wat nie kan brand
Sonder jou, sonder jou
Wie is ek sonder jou?
Waar die teerpad op raak, grondpad rof raak
Wag ek net vir jou, volg my net
Drie treë, rigting eerlikheid
Twee treë, rigting hartsbesluit
Een tree is net te veel sonder jou by my
Ek is joune, jy is myne
Sleep die wêreld met ons saam
My gebede raak my hede
Ek sal nooit weer hoef te staan
Sonder jou, sonder jou
Wie is ek sonder jou?
Waar die teerpad op raak, grondpad rof raak
Wag ek net vir jou, volg my net
Drie treë, rigting eerlikheid
Twee treë, rigting hartsbesluit
Een tree is net te veel sonder jou by my
Drie treë, rigting eerlikheid
Twee treë, rigting hartsbesluit
Een tree is net te veel sonder jou by my
Sonder jou
Sonder jou
Sonder jou
Written by: Brian McFadden, Delta Goodrem, Stuart Creighton, Tom L. James