Lyrics
Ons deel 'n kamer, maar jy het my klaar verlaat
Jy draai jou rug op my as ek en jy gaan slaap
En wanneer laas het ons twee met mekaar gepraat?
Sê vir my dat jy nog glo
Kyk diep in my oë
En hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Ons begin vandag weer heel van voor af
Hou my, hou my stywer teen jou lyf
Laat my hart na jou toe dryf
Ons begin vandag weer oor
Jy weet ons twee is vir mekaar gemaak
Ek vrees die dag as ek nie aan jou kan raak nie, baby
Hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Die gras lyk groener aan die anderkant van jou
Voor ons kon keer het dit gebeur en hier staan ons nou
Dis nou of nooit nie, ek was baie lief vir jou
Maar as jy nog in ons glo
Kyk diep in my oë
En hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Ons begin vandag weer heel van voor af
Hou my, hou my stywer teen jou lyf
Laat my hart na jou toe dryf
Ons begin vandag weer oor
Jy weet ons twee is vir mekaar gemaak
Ek vrees die dag as ek nie aan jou kan raak nie, baby
Hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
As jou lippe aan my raak begin ek bewe
As jou lippe aan my raak begin ek lewe
Hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Ons begin vandag weer heel van voor af
Hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Ons begin vandag weer heel van voor af
Hou my, hou my stywer teen jou lyf
Laat my hart na jou toe dryf
Ons begin vandag weer oor
Jy weet ons twee is vir mekaar gemaak
Oe en ek vrees die dag as ek nie aan jou kan raak nie, baby
Hou my, hou my stywer teen jou vas
Ons gaan terug na hoe dit was
Ons gaan terug na hoe dit was
Written by: Don Kelly, Marc Brendon