Credits
PERFORMING ARTISTS
Maranatha Singers
Performer
Rina Hugo
Lead Vocals
Gé Korsten
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Gé Korsten
Songwriter
Stephen Adams
Composer
Lyrics
Laasnag het in my drome 'n wonderbeeld verskyn
Ek staan in ou Jerusalem en sien die tempel daar
Ek hoor die sang van kinders net soos in 'n Englekoor
En saam sing hul 'n loflied wat self die Hemele hoor
En saam sing hul 'n loflied wat self die Hemele hoor
Jerusalem, Jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna, in die hoogste
Hosanna, prys Sy naam
Die wonder oomblik het verdwyn en ek was weer alleen
Stil was die bly Hosannas en sanig van voorheen
Die son se strale her verflou, geen ster wat rigting wys
Want teen Golgotha se heuwel hang die skadu van 'n kruis
Want teen Golgotha se heuwel hang die skadu van 'n kruis
Jerusalem, Jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna, in die hoogste
Hosanna, prys Sy naam
En weer verander die toneel, 'n helder glans verskyn
Ek sien die heil'ge stad daar, die son begin weer skyn
Die poorte word wyd oopgemaak, die duister het verdwyn
En almal kan nou binnegaan, geeneen sal buite staan
'n Nuwe dag het aangebreek, die kinders sing weer saam
Die heil'ge stad, Jerusalem, sal nooit weer kan vergaan
Die heil'ge stad, Jerusalem, sal nooit weer kan vergaan
Jerusalem, Jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna, in die hoogste
Hosanna, prys Sy naam
Hosanna, in die hoogste
Hosanna, prys Sy naam
Written by: Gé Korsten, Stephen Adams