Lyrics
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wil jy bietjie langer bly
Kan ons plan maak, kan ons lande sien
Volwaardig mekaar verdien
Die’s anders as iets van te vore
Ja ek dink daar is soveel oor om te beleef
Soveel strande om op saam te kleef
So, is jy in vir ’n begin
Want ek kan niks belowe
Maar as jy glo
Dan maak ons so
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wil jy bietjie langer bly
Kan ons plan maak, kan ons lande sien
Volwaardig mekaar verdien
Dit, sal soveel vir my beteken
Ek’t als haarfyn bereken
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Of net vir nou
Ek dink ek’s lief vir jou
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wil jy bietjie langer bly
Kan ons plan maak, kan ons lande sien
Volwaardig mekaar verdien
Dit, sal soveel vir my beteken
Ek’t als haarfyn bereken
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wat maak jy vir die res van jou lewe
So, wat wil jy met hierdie liefde maak
Wil jy besope raak
’n Goeie tyd bestel
Vir my als vertel
Kliphard lag tot die bure skel
Wil wilde dinge net met jou probeer
Saam middernag in ons tuin verkeer
Voor almal sê
Wil niks anders hê
Altyd, ewig, immergroen, is jou soen
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wil jy bietjie langer bly
Kan ons plan maak, kan ons lande sien
Volwaardig mekaar verdien
Dit, sal soveel vir my beteken
Ek’t als haarfyn bereken
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Of net vir nou
Ek dink ek’s lief vir jou
Vat dit stadig
Lank gewag vir daai ja-dag
As ek op of af voel
Dan laat jy my la la la lag
Het gesê ek sou nie
Trippe trap oor daai tou nie
Als behalwe matig
Noem my na nalatig
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wil jy bietjie langer bly
Kan ons plan maak, kan ons lande sien
Volwaardig mekaar verdien
Dit, sal soveel vir my beteken
Ek’t als haarfyn bereken
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Wat maak jy vir die res van jou lewe
Of net vir nou
Ek dink ek’s lief vir jou
Written by: Elandré Schwartz