Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Floris Voges
Floris Voges
Performer
Petrus Gerrit Matthee
Petrus Gerrit Matthee
Performer
Emma de Goede
Emma de Goede
Background Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Floris Voges
Floris Voges
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Petrus Gerrit Matthee
Petrus Gerrit Matthee
Producer
Tim Lengfeld
Tim Lengfeld
Mastering Engineer

Lyrics

Geluk is 'n oomblik
En dan vir eers verby
Die hartseer maak wonde
Dit sing soos 'n harlekyn
Alles kom tot niks
Maar jys steeds hier
Jy met jou halwe lyf
Jy 'n haglike dier
Jou oë toegesluit
'n Glimlag teen die vuur
As ek doodgaan in my slaap
Hou my vas wanneer ek gaan
Dit is alles oor in 'n oogwink
Maar eks nog wakker so verstaan
Ek is in my eie wentelbaan
En niks kan my keer nie
Ek wil net wees
Laat my net wees
Jou ma word ouer
En jy verkluim met tyd
Jy klou vas aan jou sorge
En aanbid 'n halwe feit
Alles kom tot niks
Maar jy's steeds hier
Jy met jou halwe brein
Jy 'n algemene dier
Maar wie kan jou keer
Wie gaan jou teë
Wanneer jy net wil wees
Wanneer jy jouself vergeef
As ek doodgaan in my slaap
Hou my vas wanneer ek gaan
Dit is alles oor in 'n oogwink
Maar ek's nog wakker so verstaan
Ek is in my eie wentelbaan
En niks kan my keer nie
Ek wil net wees
Laat my net wees
Ek wil net wees
Ek gaan net wees
Ek gaan net wees
Die somer kom en gaan
Die berge met tyd verteer
Jou drome word verpant
Vir 'n huis en 'n koue bier
Written by: Floris Izak Voges
instagramSharePathic_arrow_out