Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Majo
Majo
Performer
Majo Rademeyer
Majo Rademeyer
Lead Vocals
Michael Naranjo
Michael Naranjo
Electric Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Majo Rademeyer
Majo Rademeyer
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Michael Naranjo Jr
Michael Naranjo Jr
Producer

Lyrics

Engel dit word laat
Kom jy kan in my arms verder slaap
En al's jou drome nors
Sal ek jou verskuil in my arms
Teen my bors en jou verlos
Liefde ek maak tee
Suiker met die sakkie in ek weet
Ken jou te goed jy mors
Maar ek sal regstaan met 'n warm stort vir ons
Ek sweer
Jy maak my stil
n Serotonien aanvulvitamien
Stil, met die kosmiese tower
Wat ek in jou sien
Engel kyk die sonopkoms
Hy knipoog bo die horizon
Jy dubbelknoop aan my sy
Betower deur skakerings van die oggendson wat skyn
Liefde kan ons swaai
Weumel deur die winterswind-lawaai
Ek's veilig as ek vlieg
Ekstaties om op skaterlag simfoniee te wieg
Jy maak my stil
n Serotonien aanvulvitamien
Stil, met die kosmiese tower
Wat ek in jou sien
Liefde sien jou weer, ek sweer
Ek sal jou nog sonsakke gee
Jy't siel gesien in my
Ek bid die grond lei my waar my voete jou weer kry
Written by: Majo Rademeyer
instagramSharePathic_arrow_out