Top Songs By Herman van Veen
Credits
PERFORMING ARTISTS
Herman van Veen
Vocals
Edith Leerkes
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
F. Rautenbach
Songwriter
Jacques Brel
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Zodan Music Productions
Mixing Engineer
Henk van der Schalk
Mixing Engineer
Frans Hendriks
Mastering Engineer
Het Gemengde Bedrijf
Mastering Engineer
Lyrics
moenie weggaan nie
jy moet liewer vergeet
maar
jy moet onthou:
verby is verby.
Wis uit die tyd
van misverstand
en die tyd verspil
die aanhou probeer
om te vergeet
van die weggaantyd,
gister het gebeur,
moenie weggaan nie.
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
maar ...
ek belowe jou nou:
gepêrelde dou,
juwele van reën
want so word ons een.
Ek sal die aarde verskuif
tot lank na my dood,
met glans jou beklee
in goue lig doop.
ek gee jou 'n ryk
waar die liefde regeer
soos die liefde ons leer
in ons klein koninkryk.
moenie weggaan nie.
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
kom luister na my:
in elke-dag-taal
vertel ek vir jou
'n liefdesverhaal:
twee mense leer,
twee harte versmelt,
een liefde ontvlam 'n tweede keer.
ek vertel 'n verhaal
van 'n koning se nood,
hy sterf van sy liefde
want weggaan is dood...
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
het jy al gesien –
hoe 'n verkluimde vulkaan
wat afgeleef lyk
aan die brand kan slaan?
ek dink dit is waar
'n veldbrand wat brand,
maak ryker die oes
as 'n ryk somersjaar.
en kom die nag,
verhelder die lug
as die rooi en die blou
in die aandskemer trou.
moenie weggaan nie.
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
so min bly nou oor:
ek huil nie meer nie,
ek praat nie meer nie,
ek wil nie meer nie,
ek is nie meer nie.
Die lewe is leeg,
is leeg sonder jou.
maak my die skaduwee van jou skadu,
maak my die eggo
van die woorde uit jou mond,
van jou voetstap op die grond.
moenie weggaan nie.
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
Written by: F. Rautenbach, J.R.Brel, Jacques Brel