Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Johan Wessels
Johan Wessels
Composer
Kupido
Kupido
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
Producer

Lyrics

Luister na die geluid van reëndruppels op 'n sinkdak
Die lied van paddas wat saamsing in 'n koor
Luister hoe die wind 'n boom laat kreun en kraak
Dis die lied van die natuur wat jy daar hoor
Daar is musiek oral om ons heen
En al wat jy moet doen is om te luister
Somtyds die ore spits
Want baie maal is die liedjie net 'n fluister
Soos 'n bries wat speel oor 'n koringland
'n Kriekekoor op 'n warm someraand
Luister, laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor
Aan die punt van die vallei hoog in die berge
Woon daar 'n eggo alleen in 'n klipspelonk
Elke liedjie wat hy hoor sal hy uitkoggel
Hy doen dit meesterlik vanuit sy tronk
Daar is musiek oral om ons heen
En al wat jy moet doen is om te luister
Somtyds die ore spits
Want baie maal is die liedjie net 'n fluister
Soos 'n bries wat speel oor 'n koringland
'n Kriekekoor op 'n warm someraand
Luister, laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor
Luister, laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor
Written by: Johan Wessels, Kupido
instagramSharePathic_arrow_out