Music Video

Featured In

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Johan Deon Meiring
Johan Deon Meiring
Songwriter
Marthinus Bouwer Bosch
Marthinus Bouwer Bosch
Songwriter

Lyrics

Ek dink aan jou deur die dag
Wanneer jy vir my simpel grappies lag
Ek skree jou naam in die nag
Dat die duister pad kan gee
Ek staan hier en wag
Waar ons laas in die reën baklei het
Ek was verkeerd
Maar jy't my skoongewas
Kom ons raak weg
Ons hardloop vêr hiervandaan
Sodat ons nooit-ooit weer in ons lewe gevind word nie
Kom ons raak weg
Ons hardloop vêr hiervandaan
Sodat ons nooit-ooit weer in ons lewe gevind word nie
Ek sien jou hand in my hand
Wanneer ons weer kattekwaad pleeg
Ek voel die wind teen jou sy
Wat jou nader aan my waai
Ek staan hier en lag
Waar ons laas in die reën gesoen het
Ek was verkeerd
Maar jy't my skoongewas
Gaan ons dit die keer oorgee aan die oseaan?
Die keer oorgee aan die oseaan?
Kom ons raak weg
Ons hardloop vêr hiervandaan
Sodat ons nooit-ooit weer in ons lewe gevind word nie
Kom ons raak weg
Ons hardloop vêr hiervandaan
Sodat ons nooit-ooit weer in ons lewe gevind word nie
Gaan ons net aanhou, aanhou
Of wat gaan van my en jou word?
Wie gaan na alles kyk as jy weg is
As ons weg is?

Written by: Johan Deon Meiring, Marthinus Bouwer Bosch
instagramSharePathic_arrow_out