Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Spoegwolf
Spoegwolf
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Daniël du Toit
Daniël du Toit
Songwriter

Lyrics

Jy kom met jou hare los
En vleg my daarin
Druk jou beskuit
In my koffie voor ons sluit
Dink jy die Here dink vooruit
Kan ek onderhandel
Dat iemand soos jy
Na my kyk?
Die mense in die dorp word dan stil
En kyk vir 'n teken op
Het jy besluit
Om daai fokker weg te wys?
Dink jy my rus kom maar met tyd?
Kan ek onderhandel
Dat iemand soos jy
Na my kyk?
Die vrou sê vir haar man
Staan op, ek weet jy kan
Ek draai die krane oop
Laat my dan deur jou loop
Jy kyk by my wonde in
Ek staan, ek is oorwin
Sit jou mond
Op my brein en sluit my oë
Dalk uit die donker
Kom die tyd
Waar ek weer wandel
Of hardloop, kan jy?
Die man sê vir sy vrou
Gaan huis-toe, ek kom nou
Gaan draai die krane oop
Ek wil ons kindjie doop
Die man sê vir sy vrou
Gaan huis-toe, ek kom nou
Gaan draai die krane oop
Ek wil ons kindjie doop
Written by: Daniël du Toit
instagramSharePathic_arrow_out