Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Spoegwolf
Spoegwolf
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Daniël du Toit
Daniël du Toit
Songwriter

Lyrics

Ek wou jou voel vanaand
Ek het kerktoe gegaan
En agter my gebed gesit
Onthou jy ons laaste aand?
Jy’t so styf vasgehou
As ek nou daaraan dink
Was daar iets vêr aan jou
Ek weet jy wag vir die Heer
Maar Hy kruip in jou rigting weg
Ek het Sy reuk vergeet
Ek kon Hom proe aan jou
Ek is nie bang vir hierdie mense nie
Ek is hier vir jou
Ek is nie bang vir hierdie mense nie
Ek is hier vir jou
Kry my weer by die rivier
Ek het als gaan soek
Ek het al jou jongdae hier
Tussen die klere
Ek hou die handdoek op
Dat jy huil en die lig wegspoel
Dis net bloed, my lam
Ek lê opgedam
In al hierdie “eendag, dalk” van jou
Onthou jy ons eerste aand?
Jy’t my wakker gehou
Met jou toekomsdroom
Daardie man van jou
Ek weet jy wag vir jou kans
Maar dit kruip in jou ribbes weg
Ek het koers verloor
Ek begin van voor
En is nie bang vir hierdie mense nie
Ek is hier vir jou
Ek is nie bang vir hierdie mense nie
Ek is hier vir jou
Kry my weer by die rivier
Ek het als gaan soek
Ek het al jou jongdae hier
Tussen die klere
Ek hou die handdoek op
Dat jy huil en die lig wegspoel
Written by: Daniël du Toit
instagramSharePathic_arrow_out