Featured In
Credits
PERFORMING ARTISTS
Spoegwolf
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Daniël du Toit
Songwriter
Lyrics
In die skemer op blou Stellenbosch
Het ons dit maar in die straat gelos
En al die rich kids drink Chardonnay
Maar ek moes pak en ry, met die band
Ek hoop dat ek jou eendag weer sien
Dalk as ek genoeg verdien
En sê, lief, ek het daai huis toe gekry
Ek laat boemelaars daar bly, maar ek en jy kan ry
Na ’n saal waar ’n honderd mense
Dans in die hooi
Weet jy na al hierdie jare
Is jy nog so mooi vir my
Emmanuel
God was met ons
Hy lig Sy mantel
Oor die hier en die nou
Al is dit net vanaand
Kan ons dans, man?
Ek stel jou voor met my van
Daar’s wolke in jou Stellenbosch
Weet jy dié songs, het lewens gekos?
Dis beloftes, wel, ek kan doen met een
Al is dit na die reën, en met die band
Dalk was ek deel van die plan
Ek lê my neer vir die uitwerk, daarvan dan
Maar kan ek vra, dat my woorde sal lees
Waar mense vergeet, om lief te wees vir mekaar?
Emmanuel
God was met ons
Hou Sy mantel
Oor die hier en die nou
Al is dit net vanaand
Kan ons dans, man?
Ons stel jou voor met my van
Written by: Daniël du Toit