Music Video

Featured In

Lyrics

Ek staan nog in die maan
Al het jy verdwyn, die deure maak
Nou toe, ek weet nie of ek kom of gaan
Dit hou net aan
En niemand verstaan
Ek staan nou in die tou
Al is daar geen sein nie, en dit is te laat
Ek weet ek moet my drome vra
Om my te dra
Want niemand verstaan
Jy soek my in 'n ster
Onder in Hollywood Boulevard
En ek kan net sing van al die tye in my kop
Sing van al die tye toe ons liefde nooit nie sou vergaan
Ons wêreld nooit sou ondergaan
Nie en sing van al die tye soos dit was
Sing van al die tye toe ons in mekaar se arms lê
Jy niemand anders ooit wou hê
As ek, jy's op 'n ander plek
Ek hardloop agterna, dis soos in 'n droom
Ek soek jou in 'n bus, ek voel jy draai
Net nooit nie om
Dis als so krom
Ek weet nie hoekom
Jy sien ek hou my pose al is niemand by die huis
Nie, sonder dat jy weet of ooit sal sien
Ek lag 'n traan
En gaan net aan
Want niemand verstaan
Jy soek my in 'n ster
Onder in Hollywood Boulevard
En ek kan net sing van al die tye in my kop
Sing van al die tye toe ons liefde nooit nie sou vergaan
Ons wêreld nooit sou ondergaan
Nie en sing van al die tye soos dit was
Sing van al die tye toe ons in mekaar se arms lê
Jy niemand anders ooit wou hê
As ek, jy's op 'n ander plek
Sing van al die tye in my kop
Sing van al die tye toe ons liefde nooit nie sou vergaan
Ons wêreld nooit sou ondergaan
Nie en sing van al die tye soos dit was
Sing van al die tye toe ons in mekaar se arms lê
Jy niemand anders ooit wou hê
As ek, jy's op 'n ander plek
Jy's op 'n ander plek
Written by: Louwrens Bezuidenhout, Marius Brouwer
instagramSharePathic_arrow_out